JAK DE PRIESTER

Na twintig suksesvolle jare in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf, het Jak de Priester beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie bekroonde Pretorianer, met sy sielvolle stem, betekenisvolle lirieke, ritmiese musiek en vermaaklike verhoogpersoonlikheid, het oor die jare diep in sy ondersteuners se harte kom nesskop. Vandag is dié Sally Williams Nougat-sanger ’n gevestigde naam, tien studio-albums, ’n kinderalbum- en DVD, ’n boek, ’n digbundel en verskeie verhoogproduksies op sy kerfstok. Hy het ook in 2012 televisieaanbieder by sy indrukwekkende CV gevoeg.

 

Jak, wat in Parys in die Vrystaat grootgeword het, is al van kleins af doenig met musiek, die verhoog en liedjies skryf. Sy loopbaan het in 2003 afgeskop, nadat hy die ATKV-Crescendo-kompetisie gewen het. Dit het hom die geleentheid gegee om sy eerste album, getiteld Sally Williams Nougat, op te neem wat ’n groot treffer met dieselfde naam opgelewer het. Hy het ook in daardie jaar ’n Geraas-toekenning ontvang vir Beste Nuweling. Sedert sy debuutalbum, het talle nommer een radiotreffers, toekennings, benoemings en suksesvolle albums gevolg, waaronder (Sally Williams Nougat – 2003) Strate Van My Hart (2004), Brooklyn ‘Poet’ (2005), Stellenbosch Lovesong (2007), Groen Mamba (2008), 16 Briewe Aan My Baby (2010), Die Liefde Los ’n Spoor (2011), N1 van my Hart (2012), Ek Reis Na Gister (2015), 15 Jaar (2017), Album10 (2020) en ’n kinderalbum en –DVD, Myne, Myne, Myne (2014). Hy was ook te sien in verskeie verhoogproduksies soos Underground, Strate Is Nie Stom Nie, Nataniël and Friends, Net ’n Bietjie Liefde Vir Die Langpad, en vele meer. 

 

Die ster is verder ook die skrywer en sanger van verskeie temaliedjies vir kykNET-televisiereekse, waaronder die gewilde sepie, Binnelanders, 10 uit 10 en Reis na Gister, waarvan hy ook die aanbieder is. Die reeks het bestaan vyf seisoene met ‘n sesde reeks wat in 2020 afgeskop het. Die reeks het vir hom in 2015 ’n nominasie as Aanbieder van die Jaar besorg.

In 2021 ontwikkel Jak de Priester ook sy eie televisie program op KykNET getiteld Koppieteefontein waarvan hy die aanbieder is asook die temalied geskryf het.  Die tweede seisoen van die gewilde reeks word in Oktober 2022 uitgesaai.

Jak skryf in 2017 die temalied van die nuwe Afrikaanse fliek, Hoener Met Die Rooi Skoene, en vier van sy liedjies is gebruik as deel van die lokettreffer, Semi-Soet, se klankbaan. Oor die jare, het hy nie net die verhoog met gewilde name in die bedryf gedeel nie, maar ook by van die grootste feeste en konserte opgetree, waaronder Huisgenoot Skouspel, Afrikaans is Groot, Innibos Kunstefees, KKNK, en vele meer. Sy musiek is ook gewild oorsee en Sally Williams Nougat was op die Top 20 van ’n Engelandse radiostasie. Twee van sy liedjies is ook opgeneem in die nuwe FAK Sangbundel.

 

Musiek is egter nie sy se enigste talent nie, want hy blink ook uit as digter en skrywer. Hy stel in 2005 sy eerste digbundel, Heuning in die Mond, vry gevolg deur ’n boek boek, Brood, in 2010. Een van sy gedigte, Onsekerheid, is ook in 2009 ingesluit in die nuwe Afrikaanse Groot Verseboek. Die sanger skryf ook tussen 2011- 2015 die rubriek, Pa se Stem, vir Baba & Kleuter

 

Jak het nog baie planne vir die toekoms en hou daarvan om sy talent met ander kunstenaars s’n te kombineer. “My lewe en die wêreld waarin ons leef, inspireer my. Ek hou van goeie sangers, met ’n kunstige aanslag, soos Amy Winehouse. Sterre soos Johannes Kerkorrel, Amanda Strydom, Koos Kombuis ensovoorts het almal ’n invloed gehad op my eie musiekstyl. Ek geniet ook samewerkings, het al saam met Laurika Rauch, Steve Hofmeyr, Koos Kombuis en Nataniël gewerk.” gesels hy. 

 

Die bedryf het vir hom baie geleer oor geduld, mislukking, stres, sukses en geloof, maar hy glo nog altyd dat musiek enigiets kan gesondmaak.

– Wenner van ATKV Crescendo Kompetisie (2002)
– Ontvang Geraasmusiek Toekenning vir Beste Nuweling
– Tweede Album “Strate van my hart” (2004)
  • Genomineer vir Geraas Toekenning vir “Beste Manlike kunstenaar”
– Derde Album “Brooklyn ‘Poet’” (2005)
  • Met die bekende temalied van die reeks ‘Binnelanders’
– Vierde Album “Stellenbosch lovesong” bekend gestel in Augustus 2007.
– Vyfde Album “Groen Mamba” bekend gestel Februarie 2008 by Centurion Teater
  • Genomineer vir Huisgenoot Tempo Toekenning 2009 vir “Beste Manlike Kontemporêre Album”
  • Genomineer vir drie Vonk Musiektoekennings 2009 vir:
  • “Album van die Jaar”
  • “Beste Manlike Kunstenaar van die Jaar”
  • “Beste Kontemporêre Album (Manlik)”
–  “16 Briewe aan my Baby” bekend gestel November 2010
  • Dit is ‘n kompilasie album van Jak de Priester se beste liefdesliedjies
– Sesde Album “Die liefde los ‘n spoor” is bekend gestel September 2011
  • Genomineer vir ‘n GHOEMA toekenning vir Beste Album asook Beste Liedjieskrywer
  • Benoem vir ‘n Tempo Toekenning vir Beste Kontemporêre album
– Sewende Album “N1 van my hart” bekend gestel in 2012
  • Genomineer vir ‘n SAMA toekenning vir Beste Kontemporêre album asook ‘n Ghoema nominasie vir dieselfde kategorie
– Eerste kinderalbum en dvd “Myne, Myne, Myne” bekend gestel in 2014
  • Albei benoem vir ‘n Ghoema toekenning
– Jak se Debuut Digbundel “Heuning in die mond” word bekend gestel in 2005.
– Jak se gedig “Onsekerheid” word opgeneem in die Nuwe Afrikaanse Groot Verseboek, vrygestel in 2009
– Jak se boek “Brood” is in 2010 bekend gestel
– Agste Album “Ek reis na gister” bekend gestel in 2015
– Ghoema nominasie vir Beste Kontemporêre album deur ‘n manlike kunstenaar
– Ghoema nominasie vir Beste Liedjieskrywer
– Negende Album “Jak de Priester – 15 ” bekend gestel in 2017
– TIENDE ALBUM “JAK DE PRIESTER – ALBUM 10 ” BEKEND GESTEL IN 2020
2020 “jak de priester – album 10”
2019 “JAK DE PRIESTER – KYK IN MY Oë”
2018 ”JAK DE PRIESTER – REËNBOOG OOR SUID-AFRIKA”
2017 “JAK DE PRIESTER – 15 JAAR MET KLAVIER EN KITAAR”
2016 “JAK DE PRIESTER – EK SNY DIT AF”
2015 “JAK DE PRIESTER – EK REIS NA GISTER”
2014 ‘’JAK DE PRIESTER SING KRAMER, KROG EN KERKORREL”
2013 “JAK DE PRIESTER – N1 VAN MY HART”
2012 “JAK DE PRIESTER – VAN NOUGAT TOT NOU”
2011 “BROOKLYN BABALAAS” – ‘N PRODUKSIE SAAM MET KOOS KOMBUIS
2011 “JAK DE PRIESTER – VAN LEKKER LAG KOM LEKKER HUIL”
2010 “JAK DE PRIESTER – BROOD”
2009 “JAK DE PRIESTER – GROEN MAMBA”
2008 “JAK DE PRIESTER – DIE WINTERKONSERT”
 2008 “JAK DE PRIESTER – NET ‘N BIETJIE LIEFDE VIR DIE LANGPAD”
2007 “JAK DE PRIESTER – DE PRIESTER EN EEN KERKORREL”
2006 “JAK DE PRIESTER – HEUNING IN DIE MOND”
2006 “JAK DE PRIESTER –BROOKLYN “POET”
2005 “JAK DE PRIESTER – STRATE VAN MY HART”
2004 “JAK DE PRIESTER IN SOUL-O PERFORMANCE”
2003 “JAK DE PRIESTER – STRATE IS NIE STOM NIE”
2002 “JAK DE PRIESTER – UNDERGROUND”

‘n Paar van Jak de Priester se hoogtepunte tot dusver sluit in:

  • Jak de Priester is een van die 4 kunstenaars wie deel is van die Johannes Kerkorrel Special wat op SABC 2 op 12 November 2004, ‘n jaar na sy dood uitgesaai word.
  • Verskyn in 2004, 2005, 2007, 2009 en 2011 by Huisgenoot Skouspel
  • Jak is ook deel van die suksesvolle produksie ‘Afrikaans is Groot’ sedert 2012
  • In Mei 2005 tree Jak saam met Nataniël by Royal Albert Hall in London, Engeland op asook in sy produksie “Nataniël and friends” in Emperors Palace, Gauteng.
  • Deel van 2007 se “Smokie/ Jacaranda 94.2” vertoning by die Innibos kunstefees.
  • Jak de Priester is die enigste jong kunstenaar wat gevra is om saam met Amanda Strydom, Coenie de Villiers en Nataniel te sing in die Hillbrow teater tydens groot liefdadigheids geleentheid vir MES.
  • Jak het ook verskeie kere sy vertonings geneem na London, Engeland asook Australië. Sy bekende liedjie ‘Sally Williams Nougat’ was in die Top 20 op ‘n Engelandse radiostasie.
  • Jak skryf die temalied vir die Tygerbeer Organisie vir getraumatiseerde kinders, en stel die lied bekend by ‘n groot geleentheid in Augustus 2008 met o.a die Minister van Gesondheid. In 2009 word Jak ook aangewys as ambassadeur vir hierdie organisasie.
  • Jak de Priester skryf en sing ook die temalied vir die gewilde Afrikaanse MNet drama, “Binnelanders” asook die program “10 uit 10” en “Reis na gister” op KYKNET
  • Jak de Priester is ook deel van Rapport se Musiek Maestro’s toer in 2009, 26 vertonings is aangebied regoor die land.
  • Een van Jak se gedigte ‘Onbekend’ word ook opgeneem in die nuwe ‘Die Groot Verseboek’ wat in 2009 vrygestel is.
  • Jak toer in 2011 saam met Koos Kombuis in ‘n produksie getiteld ‘Brooklyn Babalaas’
  • Hy is ook deel van Laerskool Hennopspark in Centurion se 30 jaar vieringe in die Staatsteater, as draaiboekskrywer en kunstenaar.
  • In September 2011 word Jak de Priester, as komponis van Afrikaanse musiek, vereer deur die ATKV tak Pretoria. Vorige ontvangers van hierdie toekennings was oa, Lucas Maree, Coenie de Villiers, Lize Beekman, Chris Torr (Laurika se man), Christa Steyn ens.
  • 2 van Jak se liedjies word ook opgeneem in die nuwe FAK Sangbundel – 75ste Herdenking en hy is ook deel van verskeie produksies vir die bekendstelling van die nuwe FAK.
  • Jak skryf ook ‘n rubriek getiteld ‘Pa se stem’ vir Baba & Kleuter sedert 2011.
  • Die liedjie ‘Sally Williams Nougat’ is verewig by die FAK se Liedjietuin by die Voortrekker monument in Pretoria
  • 4 van sy liedjies is in die gewilde Afrikaanse film ‘Semi-Soet’ gebruik as deel van die klankbaan
  • Jak de Priester was ook deel van die groot Jakaranda Innibos konsert in 2014 voor 50 000 mense.
  • ‘n Hoogtepunt vir 2015 is die duet getiteld ‘Lullaby vir Suid-Afrika’ wat Jak saam met Laurika Rauch opgeneem het vir sy nuwe album.

Jak stel in 2014 sy eerste kinderalbum bekend asook kinder dvd van die musiekalbum in samewerking met die animasie kunstenaar Diek Grobler, verder toer hy deur die land na al die feeste en teaters met sy nuutste produksie ‘Jak de Priester – Ek reis na Gister’. Die nuwe cd met dieselfde title word bekend gestel in Maart 2015.

  • Jak skryf die temalied van die Afrikaanste film ‘Hoener met die rooi skoene’ vrygestel in 2017.
  • Jak de Priester is ook die aanbieder van die gewilde Afrikaanse program Reis na Gister, waar hy bekende Suid-Afrikanders terug neem na hulle plekke van kinderjare. Hy skryf ook die temalied van die program.
  • Jak toer in 2019 saam met ander kunsenaars na Australie en Neui-Zeeland vir optredes en toer ook in 2021 na Kanada vir optredes.
Bespreek Jak vir jou volgende Funksie of geleentheid.