Jak de Priester | #ReisNaGisterHuis
460
page,page-id-460,page-template-default,ajax_fade,page_not_loaded,,qode-child-theme-ver-1.0.0,qode-theme-ver-10.0,wpb-js-composer js-comp-ver-4.12,vc_responsive
 

Jak de Priester #ReisNaGister Huis – Parys

Vir verdere navrae en besprekings kontak asseblief vir:
Michelle – 082 499 9986 / info@jakdepriester.co.za

Aan die oewers van die Vaalrivier in Parys, Vrystaat staan ‘n cute, klein huisie in Johanna Straat – nommer 9.

Skuins oorkant is Johanna Straat 6 waar sanger, liedjieskrywer en televisie aanbieder, Jak de Priester, sy eerste tree en herinneringe as kind lê. Die bree straat van Johanna Straat wat reg teen die Vaalrivier vasloop, is waar hy leer fietsry het, sy eerste tree as kind gegee het en soms in die straat gesit en wag het vir sy Ouma en Oupa se Datsun wat om die draai sou kom wanneer hul van Pretoria af kom kuier het. Terwyl hy wag het hy voor hom gekyk na nommer 9 wat oorkant die pad was. Voor die erf het ‘n beeldjie van ‘n dogtertjie gestaan, sy het hom as kind gefassineer. Sy staan net daar op 1 plek!

30 Jaar later staan sy steeds daar, maar mooi wit geverf deur einste seuntjie wat nou ‘n volwasse man is, die sanger – Jak de Priester. Dit is sy Reis na Gister en hy deel in hierdie selfsorg gastehuis sy herinneringe van die program Reis na Gister waar hy saam met die land se bekendes na hul grootword dorpe reis. Foto’s met almal vertel die stories.

Die huis bestaan uit 4 dubbelkamers en 3 badkamers, interessante leefarea, eetkamer alles gestyl deur Jak de Priester homself. Agter is ‘n lieflike kuier-area en grasperk waar kinders kan kind wees en kuiergaste tot laatnag onder die sterre kan vuur maak en luister na die naggeluide van die Vaalrivier. Die huis is ideaal vir 8 persone.